Toelae en salarisse in die nuus

Die afgelope week se belangrike ekonomiese nuus was die her-instelling van die R350 sosiale toelaag. Na verwagting sal dit 6 miljoen werklose mense help en uitgebrei word na 3,5 miljoen versorgers om die kindertoelaag aan te vul. Daar is baie geskryf oor of die land kan bekostig om dit te betaal, of anders om, of ons kan bekostig om dit nie te betaal nie.

Daar was ook ‘n interessante opname onder besighede wat wys wat die afgelope jaar met salarisse gebeur het. Die opname deur Remchannel wys dat ‘n derde van die ondernemings die afgelope 12 maande 0% verhogings gegee het. Vir 2021 beplan 30% van werkgewers om die verhogings toe te staan waarvoor hulle begroot het. Ongeveer 45% wil nog wag en sien hoe dit gaan met die herstel van die ekonomie.

In die openbare sektor het die regering en vakbonde ‘n een-jaar loonooreenkoms bereik. Staatsamptenare gaan die 1,5% betalingsprogressie ontvang waarvoor daar begroot is en ‘n kontantbedrag wat uitwerk op R1000 per maand, na belasting. Dit moet deur besnoeiings van die begroting gefinansier word.

Die belangrike data wat hierdie week bekend gemaak word is Mei-maand se kapasiteitsbenutting in die vervaardigingsektor, ABSA se aankopebestuurdersindeks, nuwe voertuigverkope.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s