Nog gedagtes oor toelae

Na verlede week se onluste wat baie mense in KwaZulu-Natal en in Gauteng ‘n finansiele knou toegedien het, word daar binne enkele dae ‘n aankondiging oor ‘n nuwe toelaag, of “grant”, verwag. Ontleders wonder nou watter bedrag, vir wie, en vir hoe lank?

Ons weet dat ongeveer 18 miljoen mense ontvang toelae en vir 20% van huishoudings is die toelaag hulle belangrikste bron van inkomste. Die is goed om die bedrae in gedagte te hou:

  • Die ouderdomspensioen vir mense ouer as 75 jaar is R1910 per maand.
  • Die toelaag vir mense met gestremdhede of wat ‘n gestremde kind versorg is R1890 per maand.
  • Die kindertoelaag is R460 per kind per maand.

Daarby het ongeveer 7 miljoen mense geregistreer vir die R350 Covid toelaag. Dit was vir werklose mense wat geen ander toelae ontvang nie.

Om dit weer in te stel en ook uit te brei na die 2,5 miljoen huishoudings wat kindertoelae ontvang sal die staat ongeveer R40 miljard per jaar kos.

Dit is min vir die mense wat dit ontvang, maar is dit baie as die staatskas dit nie het nie?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s