Is nou die tyd vir ‘n basiese-inkomste-toelaag?

President Ramaphosa het hierdie week gesê dat ʼn basiese-inkomste-toelaag nou ernstig oorweeg word – dat dit vir mense sal wys dat die regering omgee. Die eerste vraag is of dit sal help? Die NIDS-CRAM navorsing het gewys dat die Covid verligtingstoelaag van R350 per maand wel gehelp het om hongerte te verminder. Die tweede vraag is of die fiskus dit kan bekostig? Die kort antwoord is nee, nie terwyl ons probeer om die staatsfinansies op ʼn gesonder voet te kry nie.

Maar is dit dalk moontlik om die geld iewers te besnoei? Die Covid pandemie het gewys dat openbare gesondheidsorg nog hulpbronne benodig. In die onderwyssektor moet ons beter waarde vir die besteding kry. Na die afgelope week se onluste lyk dit ook nie na ʼn goeie plan om verder by die polisie of weermag te sny nie.

Ek dink dat op hierdie stadium moet die staat ons hulpbronne gebruik om dinge te doen wat strukturele armoede en werkloosheid aanspreek, al vat dit tyd.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s