Die afgelope drie weke het 150 van die wêreld se elite fietsryers ons almal voor ons TVs vasgenael te hou. Die Tour de France is meer as 3400 kilometer, meestal deur die asemronde Franse platteland. Dit gaan oor 8 bergpasse en die vinnigste spoed wat nog gemeet is teen so bergpas af, is 101km per uur. Dit is ʼn skouspel, maar waar is die geld?
Die toer se inkomste is tussen $60 miljoen en $150 miljoen per jaar.
Ongeveer 55% van die inkomste is van die verkoop van die uitsaairegte. Die toer word in 186 van die wêreld se 195 lande uitgesaai. Dit vereis 260 kamera-operateurs, 35 voertuie en ‘n paar helikopters en vliegtuie.
Ongeveer 40% kom van advertensies en borgskappe Daar is 250 publisiteitkaravane, wat agter die fietsryers aankom en hulle deel produkte aan die toeskouers uit. Die geel, groen, wit en polkakol truie word geborg. En dan is daar ander borgskappe vir die tydtoetse.
En dan word 5% betaal deur van die dorpe en stede waardeur die wedren ry.
Die spanne word geborg en kry ongeveer 70% van hulle inkomste van ʼn titel-borg. Die borge is meestal maatskappye, maar daar is ook ryk individue wat spanne bedryf. Die deelnemers se salarisse maak min of meer die helfte van die koste van ʼn span uit.
Die prysgeld wat die wenner en kategoriewenners ontvang is goed, maar die ander deelnemers wat net klaar maak verdien so rondom $35 000.