Ek het in Maandag se Ekonomie Minuut gepraat oor die sterk lopie wat die Rand teen die Dollar gemaak het einde verlede week. Die Rand het met 3,6% versterk teen die Dollar! Dit is ʼn 14% verbetering vanaf die laagste vlak van R19,43 teen die dollar op 6 April. Luister die storie hier. En Maandag was die Rand weer die swakste presteerder van 24 ontluikende markte geldeenhede.
Business Day gee ‘n goeie verduideliking:
- Die Rand appresieer wanneer die Dollar swak is en die rentekoersdifferensiaal tussen Suid-Afrikaanse en Amerikaanse staatskuld groot is.
- Die Rand depressieer wanneer binnelandse ekonomiese (en politieke) risiko’s groot lyk.
Niemand weet wat vandag die swaarste gaan weeg nie.