Kleinbesighede en die Yoco monitor

Vandag se Ekonomie Minuut gaan oor klein besighede en hoe verkope herstel saam met die oopmaak van die ekonomie.

Luister die potgooi hier: Die Ekonomie Minuut, Episode 26. Of teken in op enige van die groot kanale.

Ekonome soek oral na tekens van die herstel van die ekonomie na die inperking. Verlede week het ek vertel dat BankServAfrica se indeks van ekonomiese transaksies met 9,6% toegeneem het van Junie na Julie. ʼn Ander bron van hoë frekwensie kleinhandeldata is van Yoco betaalpunte en hulle publiseer ʼn Small Business Recovery Monitor. Dit wys die omset van klein besighede, spesifiek die totale bedrag van verkope wat deur die kaartmasjiene gaan en aanlynverkope. Die indeks gebruik die eerste twee weke van Maart as basislyn. ʼn Indekswaarde van 50% beteken dat vandag se verkope die helfte is van daardie Maartmaand waardes.

Die goeie nuus is dat hier ook tekens is van die herstel van die ekonomie. Die streng inperking op vlak 5 het amper alles tot stilstand gebring. Onder vlak 4 inperking het kleinhandel begin om te herstel en meer onlangs het besteding by restaurante en die in skoonheidsbedryf ook begin kop optel. Die kleinhandel-indeks staan nou op 123% – verkope is dus 23% meer as in daardie eerste weke van Maart. Kos, drank en die gasvryheidsbedryf is die week op 115% en die skoonheids- en fiksheidsbedrywe staan op 96%.

En dit is die positiewe nuus om die week mee af te skop!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s