Die impak van die inperking

Ons weet nou meer van die impak van die inperking en dit is groot. Die media het vandag gegons met die resultate van die navorsing uit die NIDS-CRAM opname.

Ons het geweet dat mense tydens die inperking hulle werke verloor, dat sommige tydelik afgelê is, en ander op onbetaalde verlof geplaas is, maar die opname dui die omvang hiervan aan:

  • In April het 3 miljoen mense nie gewerk nie, en ongeveer die helfte het hulle werk permanent verloor.
  • Dit beteken dat daar ‘n 18% daling in indiensname was.
  • En hierdie impak tref huishoudings ongelyk: Vroue, jongmense, tydelike werkers, handearbeiders, en mense met lae vlakke van opleiding is swaar getref.

Baie mense wat hulle werke behou het, het inkomste verloor. Oor alle inkomstegroepe het 31,2% van mense ‘n vermindering van inkomste beleef.

Netwerk 24 haal dr. Nic Spaull aan:

Ongelykheid op die tradisionele lyne van ras, geslag, soort werk, ligging en opvoedingsvlak het alles beduidend toegeneem.

Daar is nog baie meer in die verslae, byvoorbeeld, oor hoe swaar die inperking vroue getref het, en hoe hongersnood toegeneem het.

Ekonome was bekommerd dat die impak van die verliese van werk en inkomste die totale vraag vir ‘n tyd lank gaan knel en groei vooruitsigte gaan demp. Nou weet ons daardie impak is groot.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s