In Maandag se inskrywing, Hierdie week in die ekonomie, het ek gesê dat een van die belangrike stories om hierdie week dop te hou is die opbrengskoerse van staatseffekte en die wisselkoers. Met die dat Suid-Afrika, as gevolg van Moodys se kredietafgradering van ons staatskuld na rommelstatus, uit die World Government Bond Index val, was die verwagting dat buitelandse beleggers staatskuld sou verkoop, opbrengskoerse sou styg, en die rand sou verswak. Dit het toe nie gebeur nie!
Business Live rapporteer dat die 10-jaar opbrengskoers onder 10% gedaal het en die rand teen Donderdagaand effens sterker was as aan die begin van die week.
So hoe verklaar ekonome dit? Dit blyk dat ‘n groot deel van die fondse wat moes onttrek dit dalk vroeër reeds gedoen het. En dat Suid-Afrikaanse staatskuld ‘n baie goeie reële opbrengs bied wat beleggers trek.
Ek gee nie om om verkeerd te wees oor ‘n goeie uitkoms nie.