Hoe kan jy help? Stuur geld.

Die Covid-19 pandemie het mense en gemeenskapsorganisasies reg oor die land gemobiliseer om veral kos aan behoeftiges te voorsien. Daar is baie organisasies wat jou hulp sal waardeer.

  • Die Daily Maverick het ‘n goeie artikel oor hoe jy jou donasie kan laat tel.

Maar watter lesse kan Ekonomie-navorsing ons leer oor die beste manier om arm mense te help?

Daar is oor baie jare heelwat werk gedoen oor watter vorm van ontwikkelingshulp die beste werk. Verskillende organisasies het inentings, voedselhulp en aanvullings (sout en yster), muskietnette, sinkdakke, watertenks, beeste, fietse, en geld aan mense gegee in projekte regdeur Afrika en Asië. Daar word baie meer daaroor vertel in Abhijit Banerjee en Esther Duflo se boek Poor Economics, lees dit gerus. Die effektiwiteit van sulke “intenvensies” word dan ook getoets met so genaamde Randomised Control Trials. Wat werk in watter gemeenskappe, maak dit ‘n verskil om voorwaardes te stel, wat is koste-effektief?

Die laaste paar jaar was daar al meer bewyse dat die beste manier om arm mense te help is om vir hulle kontant te gee. Hulle kan bankkaarte ontvang, of die geld kan na hule selfone oorbetaal word. Vergeet die kospakkies, of die koopbewyse – gee geld. Die voordeel is dat die ontvanger presies weet wat sy of haar behoefte is, en die skenker kan maar net raai wat hulle nodig het. Die persoon wat die kospakkie ontvang sou dalk eerder ‘n maaltyd oorslaan en dan ‘n deel van haar huur betaal, of lugtyd koop. Kontantskenkings versteur ook nie plaaslike informele markte nie. Gratis kospakkies vat die kleinskaalse boer, of die spaza-winkel se besigheid, maar as almal kontant kry, kan dit juis weer bestee word waar die huishouding die beste waarde kry. En om kontant uit te deel is koste-effektief, daar is geen moeilike logistiek nie, daar is min oorhoofse koste, dit is maklik om dit op te skaal na baie ontvangers.

Baie mense is natuurlik bekommerd dat arm mense hulle geld gaan mors – veral op drank and sigarette. Dit is glad nie wat die navorsing vind nie. Die Wêreldbank se Development Impact Blog rapporteer dat in ‘n studie van 19 ander studies word bevind dat wanneer arme mense ‘n bietjie meer geld kry, koop hulle ‘n bietjie meer van die dinge wat vir hulle waardevol is: gesondheid en onderwys, maar ook soetgoed en ‘n bietjie drank.

Moet dus nie bang wees om geld te gee nie. In Suid-Afrika is daar so ver ek weet nie organisasies wat jou geld weer in kontant uitdeel nie. Internasionaal is dit presies wat Give Directly doen. Maar niks keer jou om in jou eie kring te begin nie. As jy weet van iemand wat nou ‘n tekort het, kry haar selfoonnommer en stuur kontant.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s