Die ekonomie is ‘n bietjie meer oop onder fase 4 inperkingsmaatreëls en almal wag om te sien hoe dinge gaan werk. Maar die slegte nuus oor die stand van die ekonomie duur voort: Netwerk 24 berig dat ABSA se aankoopbestuurdersindeks in April tot net 5,1 uit 100 punte geval het.
Twee Ekonomie-stories om dop te hou hierdie week:
- Afgradering na rommelstatus en die rand,
- en wat nou met die SAL.
Ek speel bietjie rond met die idee van ‘n potgooi (podcast!) en het hierdie een opgeneem. Luister die klankbaan hier: .
En gee asb terugvoer – meer teks, meer video, ‘n regte potgooi wat jy by iTunes kan luister? Hoe verkies jy om meer van Ekonomie te leer?