Wat behoort die baas betaal te word?

CEO en die res
The Hustle

In die laaste week het jy hier gelees oor hoofuitvoerende beamptes (CEOs) in die VSA wat net $1 per jaar salaris kry. Vrydag het ek geskryf oor ongelykheid en die feit dat die rykste 10% van die Suid-Afrikaanse bevolking 67,5% van al die welvaart besit. Intussen het Deloitte ‘n interessante verslag uitgebring waarin hulle verduidelik wat hulle dink grootbase behoort te verdien.

Netwerk 24 verduidelik wat Deloitte dink ‘n hoofuitvoerende beampte se salaris (dit is sonder bonusse, of aandele-opsies, of ander vorme van betaling) behoort te kan dek:

  • ‘n groot woonhuis, binne 15 tot 30 minute van sy/haar werkplek,
  • lewenskoste en geriewe tuis,
  • skool- en universiteitsopleiding van 2-3 kinders,
  • 2-4 motors,
  • veiligheidsmaatreëls en versekering,
  • eie en familie en vriende se vermaak, wat een vakansie per jaar insluit,
  • ‘n binnelandse vakansiehuis,
  • salarisse van personeel wat vir die gesig werk,
  • aftredevoorsiening,
  • buitelandse beleggings,
  • lidmaatskap van bv sportklubs.

Natuurlik kry mens binne hierdie raamwerk goedkoop en duur opsies – is daardie vakansiehuis ‘n rondawel by Loskopdam, of ‘n drieverdieping spoghuis in Kampsbaai? Maar hierdie is ‘n goeie besprekingspunt – wanneer is genoeg genoeg?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s