Ongelykheid in Suid-Afrika

Welvaartsverdeling

Ons almal weet dat daar ‘n baie ongelyke verdeling van inkomste en welvaart in Suid-Afrika is. Saam met die vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos die afgelope week, het BusinessTech berig gedoen oor die nuutste syfers.

Die totale waarde van alle welvaart wat deur volwassenes besit word in Suid-Afrika, word gereken as $770 miljard.

  • Die rykste 10% van die bevolking besit 67,5% van daardie welvaart.
  • Die rykste 1% besit 34,6% van daardie welvaart.

Volgens die Economic Justice & Dignity Group se bekostigbaarheidsindeks  leef meer as die helfte van Suid-Afrika se bevolking onder die armoede lyn van R1227,00 per maand.

Wanneer mens dink oor die groot vrae van WAT, HOE en VIR WIE om te produseer, is dit duidelik dat die verdeling van die goedere en dienste wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie geproduseer word, baie ongelyk is. Maar is dit onregverdig? Is dit volhoubaar? Wat kan ons meer doen om die verdeling meer gelyk te maak? Dit is groot vrae wat na aan die hart lê van alles wat ons in die politiek sien gebeur…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s