Meer oor die R/$ wisselkoers

In Ekonomie leer ons dat die wisselkoers is die prys van ‘n geldeenheid en word bepaal deur markkragte:

  • Suid-Afrikaanse invoerders het ‘n vraag na dollar om te betaal vir ingevoerde produkte en bied rand aan.
  • Buitelanders wat Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte wil koop, of in Suid-Afrika wil belê, het ‘n vraag na rand en bied dollar aan.

Die afgelope week of twee was die Rand/Dollar wisselkoers in die nuus.

Big Mac 2020The Economist, se sg. Big Mac Index wys dat die rand ongeveer 62% swakker is as wat hy behoort te wees teen die dollar. Die idee is dat die Big Mac regoor die wêreld dieselfde is, en dus ook oral min of meer dieselfde moet kos. ‘n Big Mac kos R31 in Suid-Afrika en $5,67 in die VSA. Teen die huidige wisselkoers kos die burger dus $2,15 in Suid-Afrika, wat beteken dat die rand onderwaardeer is. As mens dit omdraai behoort die rand/dollar wisselkoers eintlik R5,47/$1 te wees! Om dit reg te kry beteken dat daar eintlik ‘n baie grootter vraag na rand sou moes wees as wat dit geval is – buitelanders moet dollar aanbied en rande vra om met ons besigheid te doen! Maar hoekom is dit nie so nie?

Dit het te doen met die tipe produkte wat ons meestal uitvoer, en met sienings oor die risiko om in Suid-Afrika te belê omdat ons ‘n ontwikkelende land is, en omdat daar Suid-Afrika spesifieke probleme is.

So byvoorbeeld berig Netwerk24 dat die wisselkoers verswak omdat die koronavirus in Sjina maak dat buitelandse beleggers reg oor die wêreld risiko vermy. Niks wat ons daaraan kan doen nie.

Maar buitelanders is ook versigtig om ‘n vraag na rand te hê om hier te belê omdat hulle bang is Suid-Afrika verloor sy beleggingskredietgradering. Dit is weer ‘n lang storie van sy eie…

Hou die bewegings van die rand dop soos wat ons nader kom aan die Begroting einde Februarie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s