Gaan die studie van Ekonomie jou selfsugtig maak?

dilemma

Op die Evonomics blog skryf Prof Adam Grant dat daar al hoe meer bewyse is dat die studie van Ekonomie jou meer selfsugtig maak. Hy gee ‘n klomp voorbeelde van studies wat bevind dat Ekonomie studente minder geneig is om saam te werk of vrywillige bydraes te maak. Moet jy bekommerd wees?

Ek dink nie so nie. Wat Prof Grant miskyk is dat Ekonomie studente opgelei word die speletjies wat in die navorsings gebruik word, te speel, en dus weet wat die “regte” ekonomie antwoord is. Hulle is nie meer selfsugtig nie, hulle verstaan net hoe mense tipies dink en gebruik dit tot hulle voordeel.

Dit gaan spesifiek oor die sogenaamde dilemma van die gevangenis uit die veld “spel teorie” / “game theory” wat deel is van Mikro-ekonomie. Die storie is dat twee vermeende inbrekers deur die polisie betrap word. Hulle is verdagtes, maar die polisie het nie genoeg bewyse dat hulle die skuldiges is nie. Nou word hulle ondervra (dink “good cop, bad cop”) en hulle opsies is in die tabel.

Gevangene A se opsies

Bly stil

Erken skuld en gee die ander ou op

Gevangene B se opsies Bly stil Elkeen kry een maand in die tronk Gevangene A loop vry

Gevangene B kry een jaar in die tronk

Erken skuld en gee die ander ou op Gevangene A kry ‘n jaar in die tronk

Gevangene B loop vry

Elkeen kry drie maande in die tronk

As albei saamwerk en stil bly kry hulle die ligte straf van 1 maand in die tronk. As die een die ander opgee, stap die verraaier weg en die ander een sit ‘n jaar in die tronk. As elkeen die ander verraai sit hulle saam 3 maande in die tronk.

John Nash het gewys dat omdat mense mekaar nie vertrou nie en sukkel om saam te werk, is die stabiele Nash-ewewig die uitkoms waar almal skuld erken. Almal hoop om weg te kom, maar op die ou end sit hulle langer in die tronk as wat hulle sou as hulle eenvoudig saam stil gebly het.

Ekonomie studente verstaan hierdie manier van dink en speel dus die eksperimente wat gebuik word om “selfsugtigheid” te toets beter as studente uit ander rigtings.

Dilemma’s soos hierdie kom oral in die regte wêreld voor. Die spotprent hier bo verwys na herwinning. Dieselfde geld vir spaarsamige gebruik van water of elektrisiteit – as ons almal net wil saamwerk sal ons die natuur kan bewaar, maar mense dink eerste aan hulle self en hoop maar iemand anders sal die koste dra. Op die ou einde dra almal die koste.

Omdat ekonome sulke idees het oor hoe mense se koppe werk, probeer hulle dit beïnvloed met sekere beleidseksperimente. Een is byvoorbeeld om almal in jou straat se elektrisiteitsverbuik op almal se rekeninge aan te toon. As jy weet dat jou bure sien dat jy mors elektrisiteit, gee jy dalk jou samewerking en werk meer spaarsamig! Maar dit werk ook nie altyd nie. Lees hierdie VoxEU artikel oor so ‘n “nudge” in die VSA.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s