Hoe dink ons oor die werking van die ekonomie?

Die laaste paar maande voel dit of ekonomiese nuus oral op die voorgrond is, ekonome gee daagliks opinies oor wat die impak van die droogte / die rand / die kredietgraderings-agentskappe op “die ekonomie” is. Om sin te maak van die nuuste syfers of opinies moet jy ‘n eenvoudige model hê van hoe die ekonomie werk. Hierdie eerste inskrywing van 2016 stel so manier van dink voor…

Raamwerk werking van die ekonomie

Die opsommende maatstaf van wat in die ekonomie gebeur bly maar die BBP – die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die grense van die land geproduseer word. Dit sê hoe ons almal vaar. Wanneer ekonome in die media bekommerd is dat iets (soos die droogte) ‘n impak gaan hê op die ekonomie, is hulle bekommerd dat die BBP stadiger gaan groei. Ons soek almal eerder meer goedere en dienste om te verbruik, so BBP moet groei.

As jy wil weet wat met ekonomiese groei gaan gebeur, kan jy die BBP van die vraagkant of die aanbodkant beskou. Die komponente van die totale vraag is verbruiksbesteding, investering, owerheidsbesteding en uitvoer minus invoer. As daar dus iets in die wêreld gebeur – die Sjinese ekonomie groei stadiger – moet jy vra, deur watter komponent van totale vraag kan dit ‘n invloed hê op BBP? Die aanbodkant gaan weer oor hoe bestaande produksie-kapasiteit benut word en wat die maksimum potensiële uitset is wat ons ekonomie kan lewer – en die faktore wat dit beïnvloed.

Die regterkant van die figuur wys van die kanale waardeur BBP beïnvloed kan word.

In die volgende paar inskrywings wil ek bietjie meer skryf oor die faktore wat so aan die begin van 2016 ‘n invloed het op die werking van die ekonomie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s