Ekonomie in die derde kwartaal

Welkom terug in die tuig, Grensnut-lesers. Die derde kwartaal het vandag afgeskop en ons hoop die Ekonomie-blog gaan saam met jou daar wees vir die tweede helfte van die jaar se voorbeelde, toepassings en Ekonomie-bronne.

Euro Economist covers

En hierdie is uit die 2012 weergawe van dieselfde krisis!

Wat het jy dalk gemis in die Ekonomie-wêreld? Die groot storie is dié van Griekeland se skuldkrisis – as deel van die sg. besuinigingsmaatreëls het die BTW koers daar vandag verhoog van 13% na 23%! As jy vinnig op hoogte wil kom van die storie, lees Prof Johan Fourie van Stellenbosch se storie in gister se Rapport. Hy tref die vergelyking dat Griekeland teenoor sy skuldeisers staan soos ‘n seun op universiteit wat nie akademies so sterk vorder nie. Moet hy / hulle nog ‘n kans kry?

Die Grieke het nog ‘n kans in die vorm van ‘n reddingsboei van lenings met streng vereistes. Om Johan se beeld verder te neem wonder ek of hulle nie eerder die geld moes gebruik het om universiteit te los en ‘n klein besigheid te begin nie!

2 thoughts on “Ekonomie in die derde kwartaal

    1. Waldo Krugell Post author

      Hello Elaine. Die prima volg alyd die repo op en af. Die banke leen geld by die Reserwebank teen repo, so as die opgaan, kan hulle nie die prima onverandered laat nie, anders verloor hulle geld!

      Like

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s