Nuutste Ekonomiese Navorsing – Die ekonomiese stelsel van Apartheid

EOAwbTwintig jaar na die einde van die apartheidstelsel kan daar geen twyfel wees nie dat sy nalatenskap aanhou om die Suid-Afrikaanse samelewing te affekteer. Inderdaad, politici noem gereeld dat die ruimtelike patrone van apartheid aanhou om in ons dorpe en stede uitgespeel te word, en dat die kultuur van geweld wat tans in Suid-Afrika voorkom sy wortels in die verlede het.

Akademiese navorsing bevestig ook dat dit die geval is, met armoede onder die swart bevolking steeds baie hoog, terwyl daar ook ʼn algemene traagheid is in die standaard van opleiding. Werkloosheid onder die swart bevolking is ook steeds ʼn probleem, en daar bly ʼn element van wantroue en nie-samewerking.

Die artikels in die Oktober 2014 “Economic History of Developing Regions” joernaal vertel ons bietjie meer oor wat die langtermyn gevolge van die apartheidstelsel is, sodat ons beter kan verstaan hoe die ekonomiese en politiese stelsels van die verlede vandag nog die ekonomiese en sosiale samehorigheid van Suid-Afrika belemmer.

1) Die apartheidstelsel het werkgeleenthede vir ongeskoolde wit arbeid beskerm (Mats Lundahl, Anton Lowenberg & Koorts)

'n 1904 lys van werk wat net vir wit mense gereserveer is

‘n 1904 lys van werk wat net vir wit mense gereserveer is

As gevolg van die kleurgrens, wat swart werkers verhoed om in geskoolde arbeidsposisies deel te neem, en die ‘beskaafde arbeidsbeleid’, het wit ongeskoolde werkers verseker dat hul werk in die myne beskermd is. Deur middel van politieke oortuiging en selfs rebellie, het wit ongeskoolde werkers, wie self hoër lone verwag het as swart werkers, verseker dat hul indiensneming in die arbeidswet voorgeskryf is.

Werksbeperkings vir die wit rassegroep het die groei van kapitaal belemmer, en was ook ʼn groot beperking in die winsgewendheid van die myn en vervaardigingsbedryf. Eienaars van kapitaal was dus nie toegelaat om gebruik te maak van die oorvloedige aanbod van goedkoop swart arbeid tot hul beskikking nie – hulle was gedwing om duurder wit werkers te gebruik. Stadig maar seker het die nood vir meer geskoolde arbeid gegroei soos die ekonomie meer modern geword het, met die gevolg dat die kleurgrens en baie ander beperkings op arbeid vanaf die 1980’s verwyder is.

Die hoof begunstigdes van die apartheidsisteem was dus nie die eienaars van kapitaal, mynmaatskappye of die vervaardigingsbedryf nie, maar ongeskoolde wit werkers. Deur die politieke omgewing te beheer, het hulle verseker dat beleide wat vir hulle voordelig was, ingestem word.

Nog ʼn voorbeeld hiervan kan gesien word in die loopbaan van DF Malan. Hy was ʼn baie talentvolle individu met ʼn sterk begeerte om sy eie mense – die arm blankes en boere – te beskerm. Hy het dit gedoen deur regse en linkse ekonomiese stelsels te integreer in ʼn samehangende wêreldbeskouing wat saam met die tye kon beweeg. Sy grootste prioriteit was om ‘Afrikaners’ te verenig op grond van nasionalisme, en daardeur te verseker dat die staat vir arm blankes en boere sorg.

2) Die apartheidsbeleid het gelei tot lae vaardigheidsvlakke en beperkte verbruikersvraag (Mariotti and van Zyl-Hermann & Eriksson)

Vir meer as 100 jaar, selfs voor die begin van apartheid in 1948, was die kleurgrens in Suid-Afrika in werking. Hierdie beleid het verseker dat sekere werk vir wit arbeid alleenlik voorbehou word. Deur middel van die nywerheidsversoeningswetgewing van 1924, 1951 en 1956 het die regering die reg gehad om in die privaat besigheidsektor in te meng en sekere beroepe uit te hou vir spesifieke ras groepe.

BantuwbSoos blankes geleidelik in meer geskoolde beroepe inbeweeg het, was daar meer ruimte vir swart arbeid in geskoolde beroepe. Na 1977 het baie van die beperkings begin wegval en na die Wiehan Verslag van 1979 was alle werksbeperkings geskrap ten spyte van wit mynwerkers se finale staking om arbeidshervorming te verhoed. Hierdie wetgewing is geskrap toe dit begin duidelik word dat die ekonomie meer geskoolde arbeid benodig om aan te hou groei. In sekere opsigte was die apartheidstelsel net ʼn reaksie op verandering in die ekonomiese en politieke omstandighede.

Tog is die blywende impak dat vaardigheidsvlakke in die ekonomie in die algemeen baie laag is – meeste van die swart populasie was opgelei en toegerus vir werk in ongeskoolde arbeid (lees meer hier). Die lae lone wat daarmee saamgaan, het beteken dat die totale verbruikersvraag in die ekonomie baie beperk was, aangesien meeste van die inkomste in die hande van die wit arbeiders was. Al het die 1953 Bantu Onderwyswet geletterdheid bevorder, was die doel altyd om jeug voor te berei vir werk wat lae vaardighede vereis. Vandag het SA steeds die probleem dat baie jeug met lae vaardighede elke jaar die ekonomie betree (lees meer hier).

3) Meganisasie het gevolg tot endemiese werkloosheid (Nattrass)

As gevolg van al die wetgewing wat swart werkers benadeel, het werkgewers gereageer deur om meer geld in kapitaal te belê, en hul afhanklikheid van swart arbeid te verminder deur die nood aan ongeskoolde arbeid te verlaag. Tot en met 1970 was daar gedurig ʼn tekort aan arbeid in die landbou-, bedryf- en mynbousektore. Na die 1970 wêreldwye finansiële krisis en resessie, was daar tog skielik baie hoë werkloosheid en dit saam met ʼn ekonomie wat te veel gemeganiseer het.

Meeste van diegene sonder werk in Suid-Afrika is ongeskoold

Meeste van diegene sonder werk in Suid-Afrika is ongeskoold

As gevolg daarvan het Suid-Afrika vandag steeds ʼn ekonomie wat gemeganiseer is in ʼn poging om arbeidsproduktiwiteit te verbeter. Dit ondermyn egter die produktiwiteit van kapitaal en verskans hoë werkloosheid. Die Suid-Afrikaanse ekonomie is nie opgestel om gebruik te maak van die vergelykende voordeel van goedkoop arbeid tot sy beskikking nie, want dit is gebaseer op die apartheidsekonomiese stelsel wat die doel gehad het om die inkomste wat na swart arbeid toe gaan, te beperk.

4) Minder en verkeerde Regsreekse Buitelandse Beleggings (Havemann)

As gevolg van die wisselkoerskontrole ingestel tydens apartheid het dit beteken die ekonomie is vir lank geteister met langtermyn ekonomiese, politiese en sosiale verdraaiings. Die dubbelwisselkoersstelsel is ontwikkel om makro-ekonomiese stabiliteit te verskaf in ʼn tyd waar Suid-Afrika meer en meer polities en ekonomies geïsoleer was. Dit het ʼn sisteem van kapitaalkontrole met ʼn ‘finansiële’ rand vir buitelanders en ʼn ‘kommersiële’ rand vir burgers behels. Die korttermyn resultaat was stabiliteit, maar in die langtermyn is baie skade berokken.

Hierdie finansiële beleid het RBB verminder en ook gelei tot ʼn gekonsentreerde industrie soos maatskappye gedwing is om te belê in nie-kernaktiwiteite wat gelei het tot die vorming van ‘konglomerate’. Dit het ook die groeikoers in uitvoergedrewe vervaardiging beperk.

5) Politiek oorheers deur die swart middelklas (Southall)

Bantustans was landelike areas in Suid-Afrika waar verskillende etniese groepe hulleself kon vestig in onafanklike state

Bantustans was landelike areas in Suid-Afrika waar verskillende etniese groepe hulleself kon vestig in onafanklike state

Apartheid het verhoed dat die swart middelklas aan Suid-Afrika se ekonomie mag deelneem, en het geskoolde swart arbeid beperk tot die ‘Bantustan’-gebiede. Die swartmiddelkas, as gevolg hiervan, het sterk teen die apartheidsisteem betoog met die oog op ʼn ‘eenheid’ in Suid-Afrika en nie afsonderlike ontwikkeling nie. Hulle het baie van die ongeskoolde onrus teenoor apartheid gelei en saamgeroep.

Die ANC het ook die voorstander van die swart middelklas geword, en baie van hul beleide sedert die einde van apartheid het gelei tot die vergroting van die swart middelklas. Inderdaad is baie van die politieke onrus vandag juis daarom dat die ANC die swart middelklas bevorder, en nie die swart ongeskoolde meerderheid nie. Dit het gelei tot die stigting van nuwe partye soos die EFF.

6) Ontwikkeling volgens politieke en nie ekonomiese beginsels nie (Krugell)

SA pop densitieswbApartheid se instromingsbeheerstelsels het die ruimtelike verspreiding van mense en rykdom van 1911 tot 1994 beïnvloed. Die sisteem het probeer om die groei van die swart stedelike bevolking te beperk deur gedesentraliseerde ‘tuisland’-ontwikkelinge, weg van die ekonomiese omgewings en die goudareas. As gevolg hiervan het Suid-Afrika te veel klein dorpies, en te veel groot stede ontwikkel. Sonder die apartheidsisteem sou daar dalk meer groot stede gewees het. Rykdom is ook gekonsentreer in blanke areas, eerder as om te verprei na die swart tuislande en daar ook ekonomiese ontwikkeling te stimuleer.

Dit het beteken dat meeste van die stedelike arm swart mense baie hoë vervoerkostes het om na die stedelike gedeeltes te beweeg. Selfs na die einde van apartheid was nuwe huise steeds gebou ver van die middestad af, wat net die probleem erger gemaak het.

Gevolgtrekking

Die ekonomiese beleid van apartheid het vandag nog negatiewe impakte op die Suid-Afrikaanse ekonomie. In baie gevalle het die Suid-Afrikaanse ekonomie steeds dieselfde ongelykheid van geleenthede en uitkomstes as in 1990. Politici en politieke stelsels bepaal welke tipe ekonomiese instellings bestaan, maar hulle kan dit ook verander om voorspoed te bevorder (dit was een van die kernbevindings van Acemoglu en Robinson). As die politieke omgewing in Suid-Afrika begin verander en meer belangstel in die belange van die ongeskoolde swart bevolking, sal die ongewenste impakte van die apartheidstelsel dalk vinniger aangespreek word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s