Nuutste Ekonomiese Navorsing: Ongebalanseerde Groei in Suid-Afrika

VAES ImageJohannes Fedderke het onlangs nuwe navorsing gepubliseer wat bietjie kyk na die eienaardige struktuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie. SA is ʼn klein middel inkomste ontwikkelende land, maar het so baie eienskappe wat eintlik nader is aan ontwikkelde land soos die VK, eerder as ander middel inkomste lande soos Sjina, Brasilië of Argentinië. Byvoorbeeld:

  1. a) In SA tel die tersiêre sektor vir ongeveer 60% van ons BBP terwyl in ander ontwikkelende lande tel dit net so 50% van BBP.
  2. b) Die sekondêre of industriële sektor het nou al vir ʼn wyle tyd agteruit gegaan en tel nou net 30% by tot BBP van ʼn hoogte van 45% in die 1980’s.

Fedderke probeer in sy navorsing verduidelik hoekom SA hierdie unieke ekonomiese struktuur vertoon, en of dit beteken ons ekonomie is effektief, oneffektief of het dit eintlik geen uitwerking of ekonomiese effektiwiteit nie.

Hy begin deur om die verskillende ekonomiese teorie te identifiseer. Veral teorie wat dalk sal kan verduidelik hoekom ʼn ekonomie so snaaks kan ontwikkel.

1) Aanbod – Ons neem aan dat in die ekonomie groei sekere sektore vinniger en anders as ander. Die ekonomie kan verdeel word in ʼn primêre sektor (soos landbou, bosbou en myne), sekondêre sektor (vervaardiging, bedryf/industrie) en ʼn tersiêre sektor (besigheidsdienste). Die totale faktorproduktiwiteit-groeikoers gaan dan ook anders wees vir elke sektor. Dit beteken werknemers beweeg van een sektor na die ander, soos werk geskep of verloor word. Fedderke het dan gesê hy dink dat die pryselastisiteit van die goedere/dienste wat elke sektor lewer ʼn impak sal hê op hoe die sektor verander.TFP Image

> ʼn Hoë pryselastisiteit sal beteken werknemers beweeg na sektore met ʼn hoe TFP-groeikoers. As die TFP-groeikoers hoog is, beteken dit gewoonlik laer pryse. As mense dan meer van die goedere/dienste van daardie sektor begin koop, dan kan hulle meer produkte maak en meer mense begin aanstel.PED Image

> ʼn Lae pryselastisiteit sal beteken werknemers beweeg eerder na sektore met ʼn lae TFP-groeikoers. As die TFP-groeikoers laag is, beteken dit gewoonlik dat pryse nie sommer gaan daal nie, maar eerder styg as hulle vergelyk word met die pryse van ander sektore. Aangesien die pryselastisiteit laag is, koop mense nie minder goedere of produkte nie, en daarom kan hierdie sektore dan meer mense begin aanstel.

2) Vraag – Wat sal gebeur as verskillende huishoudings, verskillende voorkeure het vir goedere? Ons hou meer van sekere goed as ander. Eerste het ons almal basiese goedere nodig (kos en water), maar as jou yskas vol is, begin jy dink aan ʼn nuwe rekenaar (produkte) en dan daarna wil jy graag gaan vir ʼn massering (luukse dienste). As mens so na die ekonomie kyk, dan beteken dit enige verskille in die grootte van sektore is as gevolg van verskille in mense se inkomste-elastisiteit van vraag.IED Image

As die inkomste-elastisiteit van vraag vir die goedere/dienste van ʼn sektor baie hoog is, dan sal die uitsette van daardie sektor groei soos inkomste in die land groei.

Maar, as die inkomste-elastisiteit van vraag vir die goedere/dienste van ʼn sektor laag is, dan sal die uitsette van daardie sektor val soos inkomste in die land groei.

Nou – in Fedderke se resultate vind hy die volgende:

  1. a) Verskillende sektore in die SA-ekonomie het verskillende TFP-groeikoerse
  2. b) Die pryselastisiteit van vraag is laag oor die hele ekonomie (en verskil ook tussen die sektore)

Hy verdeel dan die SA ekonomie onder die volgende 4 sektore tipes (nie net 3 nie)TFP Growth

Tipe 1: (Konstruksie en vervaardiging – sekondêre sektor) Hierdie sektor het nogal ʼn hoe TFP-groeikoers asook ʼn lae inkomste-elastisiteit van vraag. Daarom behoort daar minder werksgeleenthede te wees, en uitsette sal net stadig groei. Dit word bevestig deur Fedderke se resultate.

Tipe 2: (Landbou, bosbou en myne – Primêre sektore) Hierdie sektore het weer ʼn lae TFP-groeikoers saam met ʼn lae inkomste-elastisiteit van vraag. Ons verwag dan dat daar meer werksgeleenthede geskep sal word, maar dat uitsette ook stadig sal groei. Maar, Fedderke se resultate is bietjie anders – daar was eintlik baie minder werksgroei in hierdie sektore.

Tipe 3: (Elektrisiteit, Gas en Water, Vervoer, Kommunikasie en groot/kleinhandel – Tersiêre sektor) Hierdie sektore het gewoonlik ʼn hoe TFP-groeikoers en ʼn hoe inkoste-elastisiteit van vraag. Mens sou dus verwag dat daar arbeidswerping sal plaasvind, en vir sterk groei in uitset. Inderdaad is dit ook Fedderke se bevindings.

Tipe 4: (Finansies, versekering, besigheid en eiendom dienste – Tersiêre sektor) Die TFP-groeikoers is laag maar die inkomste-elastisiteit is hoog. Dit beteken ons behoort meer werksgeleenthede te verwag saam met sterk groei in uitsette. Weereens bevestig Fedderke se resultate hierdie verwagting.

Dus, met sy studie het Fedderke bevind dat die Suid-Afrikaanse ekonomie is die uitkomste van die ingewikkelde mengsel wat plaasvind tussen die aanbodkant, vraagkant, arbeidsmark en uitsetmarkkragte. As gevolg van verskille in die winskoerse, inkomste-elastisiteit van vraag vir verskillende goedere en dienste en die lae pryselastisiteit in die algemeen, is die eienaardige struktuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie ʼn effektiewe reaksie teenoor al die verskillende markkragte wat ʼn impak het op nasionale produksie en verbruik.

One thought on “Nuutste Ekonomiese Navorsing: Ongebalanseerde Groei in Suid-Afrika

  1. Terug pieng: Nuutste Ekonomiese Navorsing – Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark, 1995-2013 | Die Ekonomie Blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s