Ongelykheid en “lui arm mense”

Met die wêreld se beleidmakers en sakeleiers wat hierdie week in Davos saamtrek word daar onderandere op die ongelyke verdeling van inkomste en welvaart gefokus. Byvoorbeeld het Oxfam ‘n verslag uitgebring wat aandui dat ongeveer die helfte van die wêreld se welvaart deur 1% van die wêreld se mense besit word. Vanoggend was dit ook die onderwerp waaroor luisteraars op RSG saamgepraat het en Kobus Bester het met Prof Raymond Parsons gesels.

Prof Parons het natuurlik ‘n klomp sinvolle goed gesê oor ongelykheid, oor Piketty se boek Capital in the 21st Century en oor hoe Suid-Afrika die Nasionale Ontwikkelingsplan moet implimenteer om ongelykheid aan te spreek. (Sien ook ‘n weblog van 2014 hier).

Dit is egter die luisteraars se sms boodskappe wat my ontstel en bekommer het en hierdie vinnige weblog noodsaak. Die strekking van talle van die boodskappe was dat arme mense moet ophou klae oor ongelykheid en dat hulle arm is omdat hulle lui is om te werk. Dit is belangrik om sulke sienings aan te vat. Mens kan begin deur net na die syfers te kyk. In Suid-Afrika is die mediaan maandelikse salaris van ‘n rekenmeester met 5 jaar ervaring ongeveer R42000 – dit is 14 keer meer as die skoonmaker in sy kantoor wat R3000 per maand verdien. Hier is groter vraagstukke ter sprake as luiheid.

ongelykheidDaar is baie hieroor geskryf, spesifiek na aanleiding van Piketty se boek, Capital. The Economist het ‘n lekker bondige verduideliking van waaroor dit gaan en ek haal graag aan:

Mr Piketty derives a grand theory of capital and inequality. As a general rule wealth grows faster than economic output, he explains, a concept he captures in the expression r > g (where r is the rate of return to wealth and g is the economic growth rate). Other things being equal, faster economic growth will diminish the importance of wealth in a society, whereas slower growth will increase it. But there are no natural forces pushing against the steady concentration of wealth. Only a burst of rapid growth (from technological progress or rising population) or government intervention can be counted on to keep economies from returning to the “patrimonial capitalism” that worried Karl Marx.

Die infografieka wys ook mooi hoe die inkomste van die rykste 10% in verskillende lande hoog was, bietjie afgeneem het en onlangs weer toeneem.

Moet nou nie dink dat ek maak nou hier ‘n argument vir rewolusie, of ‘n wêreldwye belasting op die superrykes nie. Progressiewe belastingstelsels het ‘n plek en sosiale veiligheidsnette is belangrik, maar die groot uitdaging is om ekonomiese groei meer inklusief te maak. Prof Frederick Fourie verduidelik dat ekonomiese groei in Suid-Afrika nie inklusief is nie – wanneer die ekonomie groei trek die eienaars van kapitaal en opgeleide menselike kapitaal die voordeel daarvan. Ricardo Hausmann verduidelik dat die oplossing is om mense te laat inskakel by netwerke wat hulle produktief maak.

Wat dink jy? Is ongelykheid ‘n probleem? Hoe kan ons dit aanspreek?

Ek dink hierdie gaan ‘n belangrike onderwerp wees vir nog baie Grensnut weblogs.

Opdatering: Verlede week het NPR se Planet Monet blog ‘n interessante artikel gehad. Hulle het gevra hovel meer of minder geld mense in die VSA sou hê as die inkomsteverdeling dieselfde gebly het as in 1979. Daar is ‘n treffende grafiek wat wys met hoeveel die rykste 1% se inkomste sou moes afneem. Kyk gerus.

4 thoughts on “Ongelykheid en “lui arm mense”

  1. KarinA

    Kan jy nie meer in gemaklike afrikaans verduidelik ni? Hoe kan ‘n mens ‘n skoonmaker se inkomste vergelyk met ‘n rekenmeester? Miskien is ek net ‘n biedjie stadig maar sal graag wil verstaan waaroor di gesprek gaan!

    Baie dankie,
    Karin Allen

    Like

    Antwoord
    1. Waldo Krugell Post author

      Karin, dankie vir jou opmerking.
      Die idee is nie om te sê dat die rekenmeester en skoonmaker dieselfde inkomste moet verdien nie. Die gaping is ‘n simptoom van baie groot verskille in opleiding en vaardighede en skakel met Hausmann se punt dat mense bemagtig moet word om meer produktief te wees.
      In die VSA is daar heelwat navorsing oor die groeiende gaping tussen ryk en arm en hoof-uitvoerende beamptes, bankiers en fondsbestuurders kry mijoene en selfs mijarde. Of hulle daardie tipe waarde toevoeg is ‘n ope vraag, maar dit is nou die stand van sake.
      My punt is dat om te sê dat almal wat arm is, is lui, oorvereenvoudig ‘n ingewikkelde vraagstuk.

      Like

      Antwoord
  2. alleman

    Dis ongelooflik hoe mense nie insig in hul eie bevoorregting het nie, hoewel in baie gevalle is dit seker kennis wat hulle verkies om nie te bekom nie. In SA is hierdie soort vooroordeel teenoor die armes boonop ook diep verweef met rassisme.

    Wat die oplossing betref – wat van Piketty se voorstel dat veral oorgeerfde welvaart belas moet word? Is dit nie so dat om weereens ekomiese groei as oplossing voor te stel (verfraai met ‘n nuwe woord, “inklusief”), is om weg te skram van die werklikheid dat om meer gelykheid te bereik, die bevoorregtes opofferings moet maak nie?

    Like

    Antwoord
    1. Waldo Krugell Post author

      Baie dankie vir ‘n goeie punt. Mens kan nogals bekommerd wees dat inklusiewe groei so lank kan vat of so onbevredigend kan wees soos die idees van “trickle down economics”.
      Daar is iets te sê vir Piketty se voorstel, maar dit kan lei onder die probleme van die sg. “prisoners’ dilemma”. As alle lande nie die belasting toepas nie, gaan rykdom skuif na die plekke wat dit nie belas nie en verdere versteurings veroorsaak. Sulke samewerking is moeilik – soos wat ons sien met klimaatsverandering.
      Ek wil graag nog ‘n weblog skryf oor hoe die vraagstukke van die opbrengs op kapitaal en ongelykheid skakel met robotte en indiensneming in die toekoms.

      Like

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s